SPURWING ISLAND

Matusadona National Park Kariba Zimbabwe.

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>


Spurwing Island - Algemeen

Spurwing Island Lodge in die Kariba-meer in Zimbabwe is die perfekte plek indien jy soek na ‘n vakansie van gesins-aktiwiteite, rus en ontspanning. Ernstige wildkykers en hengelaars wat die Kariba-gebied in Zimbabwe besoek geniet dit egter ook om by die Spurwing Island Lodge tuis te gaan.

 

Die Ligging

GPS: 16 43 85.00S, 28 41 52.50E

 

Akkommodasie

By Spurwing Island is daar ‘n verskeidenheid akkommodasie wat alles oor die Kariba-meer en die nabygeleë Matusadona Nasionale Park uitkyk. Daar kan ‘n maksimum van 40 volwassenes gehuisves word, maar as jy egter nog vriende en familie wil saam nooi Spurwing Island toe, kan dit gereël word.

Daar is 11 tente, elk met twee oprits-ingange. Die een ingang gaan uit op ‘n klein stoepie, waar jy gerus kan sit en kyk na die pragtige omgewing. Die ander toerits-ingang gaan uit in ‘n en suite badkamer. Alle tente by Spurwing Island is toegerus met enkelbeddens, ‘n spieëltafel, waaier, muskietnette en 220V AC proppe. Twee van die tente kan in ‘n dubbeltent verander word om ‘n gesin te huisves.

Spurwing Island het ook ses kliphuisies, elk met grasdak en stoep. Almal is en-suite en toegerus met enkelbeddens, kaste, spieëltafels, waaier, muskietnette en 220V AC proppe. Ekstra beddens kan vir kinders voorsien word.

Dan is daar nog drie chalets op Spurwing Island. Die chalets is van klip en het grasdakke, is en-suite met afsonderlike stort en is toegerus met enkelbeddens, kaste, spieëltafels, waaier, muskietnette en 220V AC proppe. Die chalets het Franse deure wat op die stoep uitloop.

 

 

Aktiwiteite

Spurwing Island maak deel van die Matusadona Nasionale Park uit en bied dus talle uitstekende geleenthede om wild soos jagluiperds, leeus, luipers, olifante, seekoeie, buffels, talle boksoorte en meer as 400 voëlspesies te besigtig. Gaste by Spurwing Island kan ook wildbesigtiging in die Matusadona Nasionale Park doen met behulp van begeleide boot-, safarivoertuig- of stap-ekspedisies. As jy die Matusadona-berge vanuit ‘n ander, baie dramatiese hoek wil sien, neem ‘n motorboot-safari na die Sanyati Gorge.

Hengel is een van die hoof-aktiwiteite by Spurwing Island en jy kan toerusting by die Lodge huur. ‘n Ervare bootsman sal jou help om die perfekte plek te kry om daardie ontwykende tiervis te vang. Die chefs van die Spurwing Island Lodge sal jou vangs voorberei, of as jy tuis met jou vangs wil gaan spog, kan jy die vis vries.

Spurwing Island het ‘n swembad, snuisterywinkel, tennisbaan, TV op die sentrale terras, biljarttafel, speelgrond, veerpyltjies, wasgoeddiens en kroeg. ‘n Elektriese heining verskaf sekuriteit.